Christogram

Chrismon
Die Chi-Rho-simbool met Alfa en Omega op 'n sarkofaag uit die 4de eeu (Vatikaanse Museums)

'n Christogram (Latyn: "Monogramma Christi") is 'n monogram of kombinasie van letters wat 'n afkorting vorm vir die naam van Jesus Christus. Dit word tradisioneel gebruik as 'n religieuse simbool in die Christelike kerk.

Een van die oudste Christogramme is die Chi-Rho (☧). Dit bestaan uit die gesuperponeerde Griekse letters chi (Χ) en rho (Ρ), wat die eerste twee letters is van die Griekse woord vir Christus ("χριστός*). Dit is vertoon op die "labarum" (militêre vaandels) wat gebruik is deur Konstantyn in 312 n.C.. Die IX monogram () is 'n soortgelyke simbool wat die voorletters gebruik van die aanduiding, "Ἰησοῦς (ὁ) Χριστός" ('Jesus (die) Christus'). Die IH monogram () is 'n ook soortgelyke simbool wat gebruikmaak van die eerste twee letters van die Griekse naam 'JESUS' in hoofletters ("ΙΗΣΟΥΣ").

Daar was 'n aansienlike aantal variante van "Christogramme" of monogramme van Christus in gebruik gewees gedurende die Middeleeuse tydperk, wat die grens tussen spesifieke monogramme en blote skrifafkortings ietwat verdof.

Die naam 'Jesus', gespel "ΙΗΣΟΥΣ" in Griekse hoofletters, bevat die afkortings IHS (ook geskryf JHS, IHC, of ΙΗΣ). Die naam 'Christus', in Grieks gespel "ΧΡΙΣΤΟΣ", het as monogram XP (en verbuigings soos IX, XPO, XPS, XPI, XPM). In die Oosterse Christelike tradisie word die ΙϹΧϹ monogram gebruik vir "Ἰησοῦς Χριστός" in beide die Griekse en Cyrilliese tradisies.

Die Middeleeus-Latynse term vir afkortings van die naam van Christus is "chrisimus".[1] Op soortgelyke wyse verwys die Middeleeus-Latynse "crismon", (Latyn: "chrismon") spesifiek na die Chi-Rho monogram.[2]

  1. Chrisimus (par les Bénédictins de St. Maur, 1733–1736), in: du Cange, et al., Glossarium mediae et infimae latinitatis, ed. augm., Niort : L. Favre, 1883‑1887, t. 2, col. 317b. "CHRISIMUS, Nomen Christi abbreviatum in antiquis instrumentis secundum diversos casus sic XPS. XPI. XPO. XPM. ubi media littera P. Græcum. Vox Chrisimus legitur in Annal. Benedict. tom. 5. pag. 7."
  2. Crismon (par les Bénédictins de St. Maur, 1733–1736), in: du Cange, et al., Glossarium mediae et infimae latinitatis, ed. augm., Niort : L. Favre, 1883‑1887, t. 2, col. 621b. "CRISMON, Nota quæ in libro ex voluntate uniuscujusque ad aliquid notandum ponitur. Papias in MS. Bituric. Crismon vel Chrismon proprie est Monogramma Christi sic expressum ☧" 1 chrismon (par les Bénédictins de St. Maur, 1733–1736), in: du Cange, et al., Glossarium mediae et infimae latinitatis, ed. augm., Niort : L. Favre, 1883‑1887, t. 2, col. 318c, citing Heumann. de re Diplom. inde a Carol. M. § 12; Murator. Antiquit. Ital. tom. 3. col. 75.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search